VUURWAPENS het Suid-Afrika se geskiedenis gevorm: van koloniale onderwerping tot plaaslike oorloë en die byna uitwissing van die wildlewe. Vuurwapens bly maar 'n twispunt, en die mees onlangse pogings om die vermenigvuldiging daarvan te stuit het teen 'n figuurlike koeëlreën te staan gekom.
Die burgerlike sekretariaat vir die polisiediens het die wysigingswetsontwerp oor vuurwapenbeheer in Mei 2021 gepubliseer. Dit is die tweede poging om die wet te wysig. Die eerste was in 2015, toe die owerhede 'n wetsontwerp vir kommentaar gepubliseer het, maar dit het nie verder gevorder nie.
“Vuurwapendrukgroepe het verskeie besware ingedien," sê Guy Lamb, kriminoloog en dosent aan die Universiteit Stellenbosch. Hy sê die jongste konsepwetsontwerp sal waarskynlik nie soos die een in 2015 uitrafel nie, maar van die bepalings sal verander. ..
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.