×

Ons het nuus vir jou.

Registreer gratis op Vrye Weekblad en ontvang nuusbriewe per e-pos, lewer kommentaar en meer.
Registreer nou
Die politieke kapitaal van vreemdelingehaat

FOKUS IS OP DIE VERKEERDE PLEK

Die politieke kapitaal van vreemdelingehaat

Pres. Cyril Ramaphosa moet dringend iets aan sy ministers doen wat voortdurend in vyandskap met entrepreneurs leef en in die aanloop tot die 2024-verkiesing boonop op die xenofobie-wa gespring het, skryf PIET CROUCAMP.

DIE afgelope week kyk ek op sosiale media na ’n videogreep van pres. Cyril Ramaphosa waarin hy die punt maak dat die burokratiese mynveld wat die aktiwiteite van kleinsake-ondernemers belemmer, aandag moet kry. Dit is presies dieselfde punt wat die president met sy eerste staatsrede-toespraak op 16 Februarie 2018 gemaak het.

Dis nou vier jaar later en steeds is daar geen aanduiding van gesprekke binne die ANC of die regering om werk van Ramaphosa se ondernemings te maak nie. Om die waarheid te sê het Stella Ndabeni-Abrahams, minister van kleinsake-ontwikkeling, vandeesweek aangekondig: “As government, we have the responsibility to enforce regulatory compliance in the SMME sector and close businesses that trade illegally.” 

Wat sy moes eintlik gesê het, is: “Hierdie week hou ons ’n werksessie met belanghebbendes om administratiewe rompslomp uit die weg te ruim sodat klein ondernemings so maklik as moontlik gevestig kan word en kan groei.” (Dit was ook Ndabeni-Abrahams wat as minister van kommunikasie om die dood nie finaliteit wou of kon bring in die vrystelling van bandwydte nie. Daar is algemene konsensus dat die beskikbaarheid van dié tegnologie die koste van data en sake doen vir alle Suid-Afrikaners sal verlaag.)..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 November af sal jy ’n subskripsie kan uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.