DIE Regterlike Dienskommissie (RDK), wat pres. Cyril Ramaphosa oor die aanstelbaarheid van die vier regters op die kortlys vir die pos van hoofregter moes adviseer, het self besluit wie aangestel moet word.
Onder die voorsitterskap van die uiters onbeholpe regter Xola Petse het Dali Mpofu en Julius Malema van die EFF die ander 23 lede van die RDK so geïntimideer en beïnvloed dat die keuse van regter Mandisa Maya ’n eenvoudige meerderheidsbesluit geword het.
Malema en Mpofu ken die Grondwet en die proses en het geweet die RDK se magte word oorskry, maar hulle kon nie die geleentheid weerstaan om Ramaphosa se bluf te roep nie. Die president het homself in ’n politieke hoek vasgeverf met sy pogings om die besluit oor ’n nuwe hoofregter vir Suid-Afrika te demokratiseer...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.