ENOCH GODONGWANA, minister van finansies, se eerste begrotingsrede klink dalk goed vir diegene wat hulle hoop op die Cyril Ramaphosa-faksie van die ANC vestig, maar niks daarin oortuig my van standhoudende ekonomiese groei en ontwikkeling nie.
As daar een post-1994-fenomeen is waaroor my hart blou moord skree, is dit die gebrek aan breëbasis- swart bemagtiging en ek sien weer eens bitter min daarvan in hierdie begroting. Ek is ook oortuig dat die huidige bemagtigingsmodelle van die ANC-elite en die korporatiewe sektor die hart uit ons ekonomie ruk en groei en ontwikkeling onmoontlik maak.
Geen begroting kan die strukturele probleme van ongelykheid en armoede sonder ’n effektiewe beleid van bemagtiging aanpak nie. Indien die bedoelings van dié grondwetlike beleidsvoorstel gewerk het soos dit moes en kon, sou baie van ons ekonomiese én politieke probleme aangepak gewees het. Die swart middelklas kon teen 2022 reeds minstens 20 miljoen sterk gewees het en 70% van die bestuursposisies in korporatiewe raadsale beklee het. Hulle kon danksy die geleenthede in die vryemark die grootste beleggers in bates en ondernemings gewees het en in die proses die “wit ekonomie” verdwerg het...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Sal ons beter af wees sonder die ANC?