Cyril laat val die Putin-bal

OEKRAÏNE-INVAL

Cyril laat val die Putin-bal

Terwyl pres. Cyril Ramaphosa soos ’n wafferse Pontius Pilatus sy hande van Oekraïne se lot was, het Vladimir Putin se militêre wandaad reggekry wat die virus van Wuhan en die duiwel nie kon vermag nie, skryf PIET CROUCAMP. Dit het naamlik ’n ongekende konsensus en eensgesindheid onder die mensdom teweeggebring.

DIE ANC se reaksie op die militêre besetting van ’n soewereine staat met ’n onbeholpe bevolking gelei deur ’n komediant wat naam as baldanser gemaak het, skrei teen my vertroue in die mensdom. Maar dis die ANC. Regter Raymond Zondo se verdoemende verslae die afgelope twee maande het alle moontlike naïewe verwagtinge oor die ANC se morele herstel laat verdamp.

Om een of ander rede het ek gedink pres. Cyril Ramaphosa is uit ’n meer sobere gedagtegang gegiet. As ek die ANC-president reg verstaan, wil hy nie net die sistemiese korrupsie van sy politieke tuiste ontwortel nie – hy wil dit doen langs die weë van ’n morele kompas wat strook met die waardes van ons Grondwet. Tóg is sy reaksie op Rusland se inval in Oekraïne tekenend van ’n uiters twyfelagtige politieke karakter. Om Putin ter wille te wees in ’n poging om ideologiese of ekonomiese belange ten koste van menselewens te dien, is bleddie sinies.

Die ANC het duidelik absoluut geen belang by menseregte nie. Die morele relativisme en politieke argeloosheid van die voormalige bevrydingsbeweging geld die verarmdes van Suid-Afrika, die ekonomiese vlugtelinge wat ’n heenkome hier in Mzansi kom soek en ook die slagoffers van militêre geweld deur die magsbehepte fascis Vladimir Vladimirovich Putin...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.