AS die tesourie 'n rand gehad het vir elke keer as iemand Suid-Afrika as 'n mislukte staat beskryf, sou Eskom se skuld op nul gestaan het. Dis 'n frase wat nogal baie rondgegooi word, meestal deur diegene wat apatiese beleidmakers wil wakker skud of wat ongelukkig genoeg was om met een van die skeppings van Fikile Mbalula se departement in aanraking te kom, soos die onbruikbare eNatis-lisensiestelsel.
Dis meestal 'n oordrywing om van Suid-Afrika as 'n mislukte staat te praat. In vergelyking met sê maar Venezuela, Noord-Korea of Eritrea kan ons darem nog belasting invorder, word die regering grootliks as legitiem gesien (hoewel dit ook besig is om af te neem), en kan ons nog die landsgrense beskerm.
Maar verlede week het die wenkbroue gelig toe die persoon wat hierdie waarskuwing geuiter het niemand anders was nie as Dondo Mogajane, direkteur-generaal van die tesourie. Hy het by 'n Deloitte-bespreking oor die begrotingsrede gesê: “Die dinge wat 'n mislukte staat definieer is besig om te wys, waar ons nie omgee oor die armes en om hulle lewe beter te maak nie"...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.