DALK is dit nie nou die uur vir hierdie belydenis nie, maar ek was nie lank gelede nie in Rusland. Eintlik net in Moskou. My huidige sielswroeging is dat ek dit ontsaglik geniet het en mateloos beïndruk was met die Russe. Ek wil nie namens 145 miljoen mense praat nie, maar die Rusland wat Oekraïne ingeval het, is nie die mense wat ek onthou nie.
Die Russe ervaar die verlede as ’n enorme verlies aan identiteit. Hulle het ’n ryk intellektuele tradisie, ’n sin vir geskiedenis en is lief vir hulle kinders. Die eervolle patriotisme wat geweier het om toe te gee aan Adolf Hitler se Derde Ryk draal nog in die epigenetika van die Russiese psige.
My oorlede skoonpa het ’n dekade of meer gelede die trans-Siberiese treinreis tussen Moskou en Vladivostok onderneem. Sy oorwoë mening was dat die landelike Rus en die plattelandse Afrikaner ’n onverfynde sofistikasie deel wat tot hom gespreek het. Ter wille van veralgemening; dit gaan oor ’n psige van ’n vlaklêende kollektiewe skuldgevoel, die skugterheid van ’n gestigmatiseerde verlede en ’n pragmatiese aanpasbaarheid wat oorlewing onder snelveranderende omstandighede waarborg...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Oekraïne-oorlog ís Afrika-oorlog