Oor Spanner Maartens en waarom 81 die getal van die week is

ALLES WAT WAAR IS

Oor Spanner Maartens en waarom 81 die getal van die week is

Om hoop vir Cyril Ramaphosa te hê, skryf TINUS HORN, is soos lank gelede se oortuiging dat Transvaal die Curriebeker sou wen.

ONS vra om verskoning. Die sportredaksie moes ons dekking van die Mamparalimpiese Spele kortknip toe Suid-Afrika se groot hoop vir goud in die draadsitnommer aan die verkeerde kant afdonner.

Almal weet hoe gevaarlik dit is om te bestuur terwyl mens op die foon praat, en ons man Cyril was op die lyn Moskou toe, pleks daarvan om te fokus op die groot planne wat hy nie gaan uitvoer nie.

Dit was glo ’n goeie gesprek. Cyril het vir daai Poe-Poe-Putin van raad gedien oor hoe mens maak as jy ’n bom lángs eerder as óp ’n kinderhospitaal wil laat ontplof, tydens ’n oorlog wat nie ’n oorlog is nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.