Geagte mnr. Du Preez
Ek is seker een van die “ooms” – u is slegs anderhalf jaar jonger as ek, wat u gewis ook een van die “ooms” maak! – wat Afrikaans skryf wat na u mening rektaal met ’n stok gepenetreer is. Desondanks, en wel wetende dat u u nie hieraan gaan steur nie, sê ek vir u dat ek lanklaas so ’n klomp snert gelees het as u stukkie onder die opskrif “Die demokratisering [nogal!] van Afrikaans”.
U het in die verlede al dikwels geskryf oor u Hugenote-, Voortrekker- en Vrystaatse herkoms, en hierdie geskriffie van u getuig daarvan: dwarstrekkerig en eiesinnig. En dis kwalik werklik demokraties. U maak eiehandig die ou grappie waar dat waar twee of drie Afrikaners byeen is, hulle vier kerke en vyf politieke partye stig. Terselfdertyd gee party van u uitsprake te kenne dat u in die kamp van die “Wênderbaails” en die “Kloeties” is wat dink solank iets net Engels is of net van Engels af kom, dit universeel, wonderlik, aanneemlik en “demokraties” is...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.