Klip in die bos | Soekend na ’n middeweg tussen taalpuriste...

AFRIKAANSE TAALGEDINGE

Klip in die bos | Soekend na ’n middeweg tussen taalpuriste en taallibertyne

Kan ons werklik aandring dat Engels se invloed op Afrikaans in ’n neutrale, magsgelyke vakuum plaasvind, vra FREDERIK R. VAN DYK. Is dit dalk juis so dat talle Afrikaanssprekers in ’n taalparadigma leef waar ons al te dikwels aan Engelsheid die binnevet van die boud gun?

  • 08 April 2022
  • Vrye Denker
  • 7 min om te lees
  • artikel 20 van 28
  • Frederik R. van Dyk

NÁ die debat wat deur Max du Preez se Maandag-rubriek (https://www.vryeweekblad.com/bulletins/2022-03-21-die-demokratisering-van-afrikaans/) van 21 Maart ontketen is, moes ek vir twee weke eers deeglik die hele spulletjie herkou voor ek my tot iets wend. Die wagtyd is wel ook aansienlik deur my status as kandidaatprokureur gekompakteer.

Ek het my al heelwat oor taalsake uitgelaat, veral rakende die Universiteit Stellenbosch (US) gedurende die afgelope sewe jaar. Dit was dikwels as studenteleier en meer onlangs as direksielid op StudentePlein, ’n organisasie sonder winsoogmerk wat poog om ’n lewenskragtige akademiese Afrikaans onder Matie-studente te koester, deur die verskaffing van Afrikaanse leermateriaal en die skep van geleenthede van ’n buitemuurse aard vir Afrikaansstuderendes. Ek gaan met ander woorde glad nie voorgee dat ek “objektief” na Afrikaanse taalgedinge kyk nie. Die beste wat ek kan doen, is om nuanse en billikheid aan die dag te probeer lê.

Daar is ’n paar dinge wat ek as geleidelike uitgangspunte ontwikkel en aanvaar het tydens my blootstelling aan die taalstryd op Stellenbosch, en die eerste is dat taal meer as net kommunikasie is. Dit klink vanselfsprekend, maar in die praktyk hanteer mense ons tale minder as argiewe van generasies sprekers se wêreldsbelewenisse, en meer as ’n koue, robotiese kode wat slegs nuttig is indien dit effektiwiteit, materiële sukses, besparing en winsmaksimalisering aanhelp. ’n Begrip van taal as eienskap wat uiteenlopend en amper misties in verskillende menslike ruimtes ontstaan het, bly agterweë. Ongelukkig ontbreek ook die besef dat hierdie uiteenlopende herkomste op ’n standaard van gelykheid beteken dat ons nie sekere tale as inherent meerderwaardig bo ander kan beskou nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.