Heindrich Wyngaard se Kaapse Forum word deur AfriForum ondersteun, en dalk binnekort ook deur mense wat graag wil hê ‘die Kaap’ moet afstig. Hy speel met vuur, meen ISMAIL LAGARDIEN.
ONDER die beste omstandighede verteenwoordig Heindrich Wyngaard en sy Kaapse Forum (vir my) die gesimuleerde orgasme van die impotente. In ’n sekere sin verskil hy glad nie van Julius Malema nie; albei manipuleer die emosies van mense wat glo hulle het ’n goor deel van die vredesdividend gekry – mense wat uiteindelik moes terugtrek na die veiligheid van denkbeeldige nasionale of etniese identiteite om vir “hulle mense” te praat of hulle te verteenwoordig. Wyngaard sou vir “bruin mense” en Malema vir “die Afrika-kind” praat.
Op ’n ander manier het Wyngaard homself geassosieer met een van Suid-Afrika se weergawes van die uitdruklik regsgesinde etnonasionalisme wat nou oor die wêreld waai (en waarmee Malema se EFF terloops dalk geassosieer kan word). Dit is geen verrassing nie dat Wyngaard as’t ware deur AfriForum onderskryf word. Ek vermoed hy gaan kort voor lank ondersteuning kry van die mense wat graag wil hê “die Kaap” moet afstig. Hierdie is dan my beleefde manier om te sê Wyngaard speel met vuur. Sy Kaapse Forum vergiftig nou verder die waters van Suid-Afrikaanse politiek, wat ’n reeds verdeelde samelewing nader aan ’n afgrond sleep. Die vryheidsbeweging wat ons regeer, het reeds die monsters geword wat hulle beveg, en die Nietzscheaanse afgrond is besig om te verrys uit die newels van opstande, plundering, dodelike xenofobie, die ineenstorting en mislukking van gesondheidsorggeriewe, en vervoer- en dienstenetwerke landwyd.
‘Coloured politics and the Politics of Coloureds’..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
GESIMULEERDE ORGASME VAN DIE IMPOTENTE
Wyngaard het in AfriForum se lokval getrap
Heindrich Wyngaard se Kaapse Forum word deur AfriForum ondersteun, en dalk binnekort ook deur mense wat graag wil hê ‘die Kaap’ moet afstig. Hy speel met vuur, meen ISMAIL LAGARDIEN.
Deel
ONDER die beste omstandighede verteenwoordig Heindrich Wyngaard en sy Kaapse Forum (vir my) die gesimuleerde orgasme van die impotente. In ’n sekere sin verskil hy glad nie van Julius Malema nie; albei manipuleer die emosies van mense wat glo hulle het ’n goor deel van die vredesdividend gekry – mense wat uiteindelik moes terugtrek na die veiligheid van denkbeeldige nasionale of etniese identiteite om vir “hulle mense” te praat of hulle te verteenwoordig. Wyngaard sou vir “bruin mense” en Malema vir “die Afrika-kind” praat.
Op ’n ander manier het Wyngaard homself geassosieer met een van Suid-Afrika se weergawes van die uitdruklik regsgesinde etnonasionalisme wat nou oor die wêreld waai (en waarmee Malema se EFF terloops dalk geassosieer kan word). Dit is geen verrassing nie dat Wyngaard as’t ware deur AfriForum onderskryf word. Ek vermoed hy gaan kort voor lank ondersteuning kry van die mense wat graag wil hê “die Kaap” moet afstig. Hierdie is dan my beleefde manier om te sê Wyngaard speel met vuur. Sy Kaapse Forum vergiftig nou verder die waters van Suid-Afrikaanse politiek, wat ’n reeds verdeelde samelewing nader aan ’n afgrond sleep. Die vryheidsbeweging wat ons regeer, het reeds die monsters geword wat hulle beveg, en die Nietzscheaanse afgrond is besig om te verrys uit die newels van opstande, plundering, dodelike xenofobie, die ineenstorting en mislukking van gesondheidsorggeriewe, en vervoer- en dienstenetwerke landwyd.
‘Coloured politics and the Politics of Coloureds’..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Oorlog keer altyd terug – altyd bloedig
Kaaps-Maleise leefwêreld deur ’n kameralens
Kriewelrig in die boek-kollig
ANC bly dronk van Sowjet-Kool-Aid
Ons het nie nog ’n oorlog nodig nie
Wanneer het ons land so koers verloor?
Deel
Deel
Volgende artikelIsmail Lagardien
SkrywerIsmail Lagardien skryf al van toeka se dae af. Hy is 'n rubriekskrywer wat worstel met die realiteit om hom. Hy was op die sekretariaat van die nasionale beplanningskommissie en is 'n besoekende professor by Wits se Skool vir Regeerkunde.