Gaan die Zondo-verslae net stof vergaar?

REGSTELSEL OP BAIE PLEKKE STUKKEND

Gaan die Zondo-verslae net stof vergaar?

Daar is te veel struikelblokke in die proses om diegene wat in die Zondo-kommissie se verslae oor staatskaping uitgewys word te vervolg. Ons sal maar moet wag en kyk, sê ISMAIL LAGARDIEN.

DIE Zondo-kommissie se laaste verslag is aan die president oorhandig. Wat is veronderstel om volgende te gebeur? Of wat kan ons verwag gaan volgende gebeur? Om eerlik te wees, niemand weet nie. Hierdie onsekerheid is ’n kombinasie van die gebreekte of ontbrekende skakels in Suid-Afrika se regsketting, die totaliteit van druk wat die judisialisering van politiek op regspraktyke en -instellings geplaas het, en die vergiftiging van Suid-Afrika se politiek deur populiste, veral die EFF en wat ons as die RET-faksie van die regerende vryheidsbeweging, die ANC, leer ken het.

Dit alles maak dit feitlik onmoontlik om enige vordering te sien in die proses om diegene tot verantwoording te roep wat deur hoofregter Raymond Zondo in sy verslag van die regterlike kommissie van ondersoek na beweerde staatskaping, korrupsie en bedrog in die openbare sektor, insluitend staatsinstellings, geïdentifiseer word. As hierdie sosiale magte en verdeelde regsprosedures en strukture voortduur, kan dit die presidentskap van Cyril Ramaphosa en sy groep hervormers, konstitusionaliste en ersatz, langsame fabianiste vervang. Indien dit gebeur, en sou Ramaphosa vervang of herroep word, of die ANC-leierskapswedloop verloor, sal die verslae van die Zondo-kommissie meer stof as die Nasionale Ontwikkelingsplan van 2012 vergaar en sal ons vir altyd tot siens kan sê aan enige gedagte van maatskaplike samehang, stabiliteit, gedeelde voorspoed en hervorming van agentskappe en instellings landwyd.

Dit begin by swak polisiediens ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.