Die ANC het vergeet wat regeer eintlik beteken

IDEES HET OPGERAAK

Die ANC het vergeet wat regeer eintlik beteken

Die ANC het vergeet wat die doel van die regering is. Of dalk het hulle nooit geweet nie, sê ISMAIL LAGARDIEN.

EK het die afgelope twee maande verskeie geleenthede of byeenkomste bygewoon waar ek kort praatjies moes lewer of aan besprekings moes deelneem. Ek word dikwels by van hierdie geleenthede gevra watter advies ek aan jong mense oor hul eie toekoms of die toekoms van die land sou gee. ’n Kombinasie van my eie diepgewortelde pessimisme (waarskynlik omdat ek te veel 19de-eeuse Russiese skrywers se werk gelees het), ’n huiwerigheid om enige voorspellings te maak (ek laat dit oor aan ekonome en toekomsvoorspellers) en omdat ek in die algemeen glo niemand moet my te ernstig opneem nie, maak my altyd versigtig om enigiemand advies oor die toekoms te gee.

Ek pas eerder ’n persoonlike oortuiging of gewoonte toe: dat ’n mens as individu altyd ander as ’n doel op sigself moet behandel en nooit as ’n middel tot ’n doel nie. Wat dit gewoonlik beteken, is dat jy iets goeds moet doen bloot ter wille van ’n goeie daad, en nie in die hoop of met die verwagting dat jy iets goeds in ruil daarvoor sal kry nie. Eenvoudig gestel: Mense is nie “stepping stones” nie.

Daar is natuurlik die godsdienstige aspek. Een van die dryfkragte agter “dade van omgee” en etiese of morele gedrag is die oortuiging dat ’n mens se skepper dit vereis. En as jy nie welwillend en ordentlik optree nie, dit tot ewige verdoemenis sal lei. As jy nie ’n goeie mens is nie, gaan jy in die hel brand. Dit is ’n omstrede, verdelende kwessie wat anderdag bespreek kan word. Wat ek wel sal sê, is ons kan goeie mense wees en goeie dinge doen sonder die vrees van ewige verdoemenis …..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.