EK en my vrou is sedert vroeg in die Covid-pandemie deel van 'n pro bono-span wat die departement van maatskaplike ontwikkeling hof toe gesleep het omdat hulle opgehou het om subsidies aan die armste van arm kleuterskole oor die land heen te betaal. Die impak was dat om en by 700,000 kinders nie kon staatmaak op die enkele maaltyd wat hulle normaalweg daagliks by die skooltjies sou kon ontvang nie. Dis 'n lang storie vir 'n ander dag. (Die regering het geappelleer teen ons suksesvolle aansoek en ons wag op die uitslag.)
In die proses het ons met 'n reeks spesialiste in verskeie dissiplines te doene gekry, en die volgende aspekte het duidelik vorm aangeneem:
'n Land het geen toekoms indien dit nie in sy kinders belê nie (ek glo en hoop almal besef dit reeds, maar dit bly die afskoppunt).Meer spesifiek het 'n land nie 'n toekoms indien hy nie fokus op die vroeë ontwikkelingstadium van kinders (breedweg tussen nul en vyf) nie. Daar is navorsing wat bewys dat elke sent wat bestee word aan die ontwikkeling van kinders tussen nul en vyf die grootste enkele ekonomiese opbrengs lewer van enige belegging.As mens van “ontwikkeling" praat, sluit dit in: voeding, stimulasie, sosialisering, trauma-beheer (dis hier waar ek spesifiek by Max wil aansluit) en die aanleer van waardes...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.