Dít is wat HENNIE SERFONTEIN byna drie dekades gelede by kenners wou weet. Hy het gewonder wat Suid-Afrika se kans destyds was om in die volgende paar jaar 'n stabiele demokrasie te word.
AS daar één vraag is wat nou seker op alle Suid-Afrikaners se lippe is, is dit dié een: Gaan die Nuwe Suid-Afrika ’n beter plek wees vir my om in te woon as die oue?
Swart mense is bekommerd dat hul nuwe seggenskap in die regering van die land nie omgesit gaan word in ’n verbetering van hul lewenstandaarde en hul kanse in die werkplek en die ekonomie nie; dat rasseskeiding in die praktyk maar gaan voortduur; dat hulle kinders steeds minderwaardige onderwys en lewensomstandighede gaan ervaar; en dat die geweldpleging gaan voortduur wat hul lewe so ontwrig.
Wit mense is bekommerd dat daar teen hulle gediskrimineer gaan word omdat hulle wit is; dat standaarde gaan daal – paaie gaan nie reggemaak word nie, telefone gaan nie werk nie, ensovoorts; dat geweld en misdadigheid sal toeneem; dat ’n swart regering nie die ekonomie sal kan hanteer en buitelandse beleggings sal kan trek nie; dat Afrikaans misken gaan word; en dat die nuwe regime vol korrupsie en nepotisme gaan wees. Kortom, wit mense is bang ’n swart regering doen aan hulle wat ’n wit regering aan swart mense gedoen het...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
UIT DIE ARGIEF
Terugblik: Is daar lewe ná bevryding?
Dít is wat HENNIE SERFONTEIN byna drie dekades gelede by kenners wou weet. Hy het gewonder wat Suid-Afrika se kans destyds was om in die volgende paar jaar 'n stabiele demokrasie te word.
Deel
AS daar één vraag is wat nou seker op alle Suid-Afrikaners se lippe is, is dit dié een: Gaan die Nuwe Suid-Afrika ’n beter plek wees vir my om in te woon as die oue?
Swart mense is bekommerd dat hul nuwe seggenskap in die regering van die land nie omgesit gaan word in ’n verbetering van hul lewenstandaarde en hul kanse in die werkplek en die ekonomie nie; dat rasseskeiding in die praktyk maar gaan voortduur; dat hulle kinders steeds minderwaardige onderwys en lewensomstandighede gaan ervaar; en dat die geweldpleging gaan voortduur wat hul lewe so ontwrig.
Wit mense is bekommerd dat daar teen hulle gediskrimineer gaan word omdat hulle wit is; dat standaarde gaan daal – paaie gaan nie reggemaak word nie, telefone gaan nie werk nie, ensovoorts; dat geweld en misdadigheid sal toeneem; dat ’n swart regering nie die ekonomie sal kan hanteer en buitelandse beleggings sal kan trek nie; dat Afrikaans misken gaan word; en dat die nuwe regime vol korrupsie en nepotisme gaan wees. Kortom, wit mense is bang ’n swart regering doen aan hulle wat ’n wit regering aan swart mense gedoen het...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel