Oor Jessie Duarte en die herskryf van die geskiedenis

EENSYDIGHEID BRING ONS NÊRENS

Oor Jessie Duarte en die herskryf van die geskiedenis

In baie van die doodsberigte oor dié ANC-strydros word die negatiewe dinge oor haar lewe verswyg, wat neerkom op ’n herskryf van die geskiedenis deur weglating, meen CHRIS ROPER.

’N MENS kan die punt maak dat een van die beste dinge daarvan om Suid-Afrikaans te wees, is dat daar nie regtig iets is soos om Suid-Afrikaans te wees nie. Ons het gekies om ’n baie jong agglomerasie van mense en kulture ’n nasie te noem, en ons stigtingsmites is meestal baie nuut, wat beteken dat dit nog nie op ’n onbewuste vlak deel geword het van wie ons is nie.

En dit lyk of ons tyd opgeraak het om daardie stigtingsmites – soos die idee van ’n reënboognasie, of die deel van die struggle wat met wysheid gevoer is, of die droom van ’n land wat die clichés van postkolonialisme kan vermy – werklik in te burger. Elkeen van hulle is uitgewis deur jare van wanbestuur, onbekwaamheid en korrupsie.

Eintlik moet ons dankbaar wees, want óns bestaansmites systap die lawwe patriotisme en jingoïsme van die lande van die oorontwikkelde wêreld. Hier by ons gaan dit nie oor die manipulasie en denkbeheer wat vriendelike diktature deesdae op Afrika-regerings afdwing nie. Nee, by ons gaan dit oor sorgvuldig vervaardigde mites wat spesifiek vir nis-gehore ontwerp is. Soos xenofobie, of radikale ekonomiese transformasie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.