Bring bedrewe afgetredenes terug werk toe, sê Imtiaz Sooliman

‘DIE LAND BEHOORT AAN JOU EN MY’

Bring bedrewe afgetredenes terug werk toe, sê Imtiaz Sooliman

Die ‘vader’ van Gift of the Givers sê vaardige afgetredenes moet terugkeer na die werkplek en die land help regruk. Hy het nou heel moontlik ’n rou senuwee van die revolusionêre aangeraak, sê ISMAIL LAGARDIEN.

’N KORT video van dr. Imtiaz Sooliman, stigter van Gift of the Givers, het verlede week soos ’n veldbrand op die internet versprei. Op sy unieke ongekompliseerde manier het hy verduidelik wat hy meen Suid-Afrikaanse munisipaliteite nodig het om funksioneel te word en dienste flink en bekwaam te lewer. Die videogreep is die moeite werd om te kyk. Een ding wat my opgeval het, was sy klem op vaardighede, maar veral dié wat per ongeluk of doelbewus oorbodig “gemaak” is. Of as ek wyle Sampie Terreblanche mag parafraseer: vaardighede nou “lost in transformation ...”

Die meeste mense sal teen dié tyd weet Gift of the Givers was tot dusver só suksesvol en doeltreffend in al sy ontwikkelings- en hulpverleningswerk dat sommige mense graag wil hê Sooliman moet Suid-Afrika se volgende president word. Maar soos ek vir mense soos Dikgang Moseneke, Khathu Netshitenzhe, Thuli Madonsela of selfs Trevor Manuel sou sê: Bly uit Suid-Afrikaanse politiek. Die varke sal jou opvreet.

In die videogreep op die internet het Sooliman spesifiek na hoogs vaardige afgetrede mense verwys wat na die werkplek kan terugkeer en die land weer op die been kan help bring. Met hierdie oënskynlik onskadelike oproep het Sooliman dalk ’n rou senuwee van revolusionêre aangeraak wat noodwendig, en suiwer op grond van ras, die “terugkeer” van afgetrede mense na die werkplek sal teenstaan – veral as hierdie afgetredenes as “nie-Afrikane” beskou word. Voordat ons in die Suid-Afrikaanse situasie delf, kan ’n mens gerus kyk na ervarings elders in die wêreld, in lande waar afgetrede staatsamptenare met ’n diep institusionele geheue en hoogs ontwikkelde vaardighede as ’n ryk bronne-aar waardeer word...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.