Die feite is uit oor Ignasius, Kritzie en my ma

DIT WAS ’N BUDGIE

Die feite is uit oor Ignasius, Kritzie en my ma

Daar is baie dinge wat hy van sy oorle moeder kan sê, maar die ding wat TINUS HORN die meeste van sy ma bybly, is haar wonderlike stories.

MY ma sou volgende Dinsdag, 9 Augustus, Vrouedag, 97 geword het en djirre weet, ek is bly vir haar part sy kon daai paartie skiep.

In haar eie gemoed was die 81 wat sy gehaal het nie naastenby genoeg nie. Ons familie teel ongebreideld aan en elke keer as daar ’n nuwe baba uitpop, het sy aangekondig dat sy nog net dáái enetjie groot wil sien.

Maar haar sig het teen die einde vinnig agteruitgegaan. Sy moes TV luister pleks van kyk en dan is die vloektaal op Jerry Springer nog uitgebliep, so sy kon nooit vir seker sê of die man se vrou die girlfriend aan die hare beet het of nie. Dalk was dit andersom...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.