Sonder ’n beter NUK kan daar ook nie ’n beter ANC wees nie

NUKKERIG

Sonder ’n beter NUK kan daar ook nie ’n beter ANC wees nie

Die verkiesing van die ANC se nuwe nasionale uitvoerende komitee (NUK) in Desember sal die party se ware aptyt vir vernuwing toets, skryf NATASHA MARRIAN.

WAT sou die punt van ’n ANC-topses met integriteit wees (wat al klaar onwaarskynlik is) as hulle omring word deur ’n klomp wolwe in die nasionale uitvoerende komitee (NUK)?

Dit was die NUK wat die destydse pres. Jacob Zuma tydens die Nkandla-skandaal beskerm het, bewerings van staatskaping afgemaak het en aan LP’s voorgeskryf het hoe om die twee parlementêre mosies van wantroue teen die misdadige president te hanteer op die hoogtepunt van onthullings oor die ware omvang van die Guptas se houvas op hom. (Toegegee, dit was ook die NUK wat die onaantasbare Zuma uiteindelik herroep het.)

’n Posisie in die NUK is baie gesog en maak die deur oop vir ministeriële en regeringsposte sowel as invloed in die sakegemeenskap en elders in die privaat sektor...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.