Praat vir jouself

LESERS SE MENINGS

Praat vir jouself

Wat julle, die lesers, tot dusver van Vrye Weekblad 3.0 dink.

Ek voel hulpeloos en hopeloos oor Jacob Zuma en sy trawante. En is as gewone Suid Afrikaner magteloos om enigiets daaraan te doen. Sê vir Karyn Maughan en Billy Downer ons staan bankvas agter hulle. Maar dan nét wanneer ek my hande omhoog gooi om moed op te gee, lees ek Antjie Krog se gedig. Só mooi.
– Elize Gouws

Ek en Juliana is hier om vir die naweek ons eerste en enigste ses maande oue kleinseun op te pas terwyl ons seun en sy vrou troue hou soos net die jeug kan. Ons is twee bevoorregte afgetrede oues (so net verby 60) wat in Vermont in ons huisie bly. Juliana smokkel nog met mense se koppe op onewe dae (soos in berading) en griffel aan nog ’n boek. Ek hou die huis en kombuis aan die kook. En sien om na die vriendekring se gebreekte goeters. Ons is verder ook baie bevoorreg dat albei ons seuns nog in die RSA is, en boonop in Kaapstad bly. So ons leef Koos Kombuis se droom van ’n huisie by die see. As ’n weeklikse leser van VWB wil ek tog vra oor onafhanklike politici, veral nadat ek vanoggend Albertus van Wyk se artikel gelees het, en voel ek soek saam met hom na ’n nuwe heenkome. Miskien is dit die iesegrimmigheid van ouer word, maar ek het my vertroue in politieke partye verloor – ek sien geen bewyse dat dit gaan oor die beswil van die mense nie. Kan een van jul slim manne nie miskien iets skryf oor onafhanklikes nie? Want dit wil voorkom of ons daardie keuse mag hê in die volgende verkiesing.
– Stephan Coetzer

Ek geniet VWB oor die algemeen, veral die meestal goeie en suiwer gemaklike Afrikaans. Wat vir my irriterend is, is die halsstarrige gebruik van biljoen in plaas van miljard. Sover ek weet, is miljard die aanvaarde term. Waarom die halsstarrigheid? Terloops, ek loop nie maklik Max en Piet Croucamp se nugter artikels mis nie, veral omrede dit nie altyd met my siening ooreenstem nie. Gaan so voort. Ek mis ook nie maklik Erika Gibson se artikels nie. Wat het van C. Louise Kortenhoven se satiriese artikels geword? Sy het my gereeld met ’n slap riem gevang; sy is briljant.
– Hans Kriek..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.