Hersenskimme van SA se ‘liberales’

BEKROMPE LIBERALISME

Hersenskimme van SA se ‘liberales’

Die verwagting is waarskynlik steeds dat Suid-Afrikaanse liberales en die markekonomie die fakkel sal dra na ’n toekoms van ’n oop en demokratiese samelewing gekenmerk deur gelykheid en vryheid, skryf PIET CROUCAMP. Maar hulle fiksasie op minderheidsregte en die romantisering van die vryemarkekonomie kan dalk net ten koste van die algemene belang wees.

IN die volksmond het die woorde “liberaal” en “liberalisme” nie dieselfde betekenis in Suid-Afrika, Amerika of Europa nie. Maar vir minstens die afgelope dekade is dit ’n konsep wat universeel met stigma en politieke verwyt gepaard gaan.

Die Britse skrywer en komediant Stephen Fry beskryf liberalisme as eens geassosieer met “the ability to play gracefully with ideas”. Maar hy voer nou aan “liberalism is illiberal in their demand for liberality, they are exclusive in their demand for inclusivity, they are homogenous in their demand for heterogeneity”. 

Die voorstanders van liberalisme se wekroep om verdraagsaamheid is dikwels op sigself onverdraagsaam. Wat het dan skeefgeloop vir die edel oorsprong van liberale stelsels en liberale sosiale waardes?..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.