Om van ’n ander mens se gatvelle riempies te sny

JOU LAND BEDANK JOU ...

Om van ’n ander mens se gatvelle riempies te sny

ANASTASIA DE VRIES skryf oor ‘daai Sars-mannetjie’ en ‘Keiser Kaalgat’, die paaiboelie wat mens so kasty oor geld wat jý in die aangesig van jóú sweet verdien het.

WEE jou as jy van ’n ander mens se gatvelle riempies sny, het haar ouma altyd gesê as sy gedink het haar sak word geruk. Dan het sy diep en lank gesug, haar kopdoek stywer getrek en die woorde gespreek wat menige opportunis se verval voorspel het: “Sny jy wattie sny ken maar. Jy sil nog langs jou skoensole loop.” Hulle het, gewoonlik. Haar ouma se sugte het nie op varke geval nie, haar woorde soos sout: daar waar hulle geval het, het die gras verdor.

Maar as daar nou een mannetjie is op wie haar ouma se soutwoorde nie werk nie, is dit daai Sars-mannetjie. Hy vra en vra en sy gee en gee. Jaar ná jaar. Klokslag elke jaar. Dié tyd. Vensterbriefie in die pos: FINAL DEMAND. In rooie, rooie hoofletters nogals, vir ingeval sy dit mis? FINAL DEMAND. Skaars ’n maand nadat haar belastinggoete in is. En sy nog afbetaal aan die vorige jaar se skuld. Give a woman a break, say! Maar sy weet dit al. Daai skuld sal teel soos muise. Al wat sy nie weet nie, is hoeveel sy dié slag moet inbetaal. Verrassing! Koebaai Krismisklere, koebaai elke ou bederfie vir nog ’n jaar se arbeidsaamheid. Want nee, hy wat die sny ken, sny. ’n Ekstra pond van daai jy-weet-watse-velle, asseblief en dankie.

Jou land bedank jou .....

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.