Op soek na die smoking gun om Zweli Mkhize se doppie te klink

DIGITAL VIBES-SKANDAAL EN VEEL MEER

Op soek na die smoking gun om Zweli Mkhize se doppie te klink

PIET CROUCAMP soek saam met die ondersoekende joernalis Pieter-Louis Myburgh na die smoking gun wat dr. Zweli Mkhize, wat weens die Digital Vibes-korrupsieskandaal as minister van gesondheid bedank het, agter tralies kan kry.

TYDENS die eerste aand van die ANC se nasionale konferensie by Nasrec in Desember 2022 vra die assistent-redakteur van News24, Pieter du Toit, my of ek vir Zweli Mkhize iewers in die saal opgemerk het.

Cyril Ramaphosa se voormalige minister van gesondheid was ook sy enigste uitdager vir die pos van president van die ANC, maar op daardie oomblik was hy nêrens te bespeur nie. Dié mediese dokter en boorling van Willowfontein was beslis teenwoordig, maar het ’n byna gesiglose profiel gehandhaaf.

Enkele dae later merk ek hom op. Verskuil onder ’n groen mus en in ’n lang, bruin jas beweeg ’n lang, skraal man met sterk gelaatstrekke en ’n uitdrukkinglose charisma deur die saal...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.