Duncan is 'n professor van die digitale samelewing aan die Glasgow-universiteit. Sy het voorheen die hoof van die joernalistiek-departement aan die Universiteit van Johannesburg en het ook gedien op die hoëvlak-hersieningspaneel na die staatsveiligheidsagentskap.
SPOOKWERKERS
Ruk die spioene gou reg – of maak hulle toe en begin van voor af
Die aftakeling en herstrukturering van die Staatsveiligheidsagentskap gebeur te stadig, skryf JANE DUNCAN.
Deel
DIE Staatsveiligheidsagentskap (SVA), Suid-Afrika se burgerlike intelligensiediens (https://www.gov.za/documents/intelligence-white-paper), is ’n gebroke instelling. Dis veronderstel om inligting te verskaf sodat die land betyds weet van moontlike bedreigings vir nasionale veiligheid, maar magtige individue, vermoedelik in opdrag van oudpres. Jacob Zuma (https://www.thepresidency.gov.za/profiles/president-jacob-zuma-0), het dit pleks daarvan misbruik sodat hy sy greep op mag (http://www.saflii.org/images/state-capture-commission-report-part-5-vol1.pdf) kon behou.
Die SVA was een van vele instellings wat tydens Zuma se ampstermyn (Mei 2009 tot Februarie 2018) vir onbehoorlike persoonlike of politieke gewin heraangewend is: ’n proses wat bekend geword het as staatskaping (http://www.saflii.org/images/state-capture-commission-report-part-5-vol1.pdf).
Zuma se opvolger, pres. Cyril Ramaphosa, het in 2022 belowe (https://ewn.co.za/2022/10/24/ramaphosa-vows-to-overhaul-ssa-as-per-zondo-commission-recommendations) om die agentskap te hervorm sodat dit sy oorspronklike opdrag sou uitvoer. Ramaphosa het hom daartoe verbind om die agentskap terug te neem na die era voor 2009, toe dit afsonderlike binnelandse en buitelandse vertakkings gehad het, elkeen met sy eie direkteur-generaal...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Hoe om slegte spioene beter te maak
‘Wat de hel’ moet ons met die spoke doen?
Spioen se kop ‘rol verniet’
Braai gerus, ek moet ’n staatsgreep keer!
Wie is Mojo Motau regtig?
Deel
-
Deel
Jane Duncan
AkademikusDuncan is 'n professor van die digitale samelewing aan die Glasgow-universiteit. Sy het voorheen die hoof van die joernalistiek-departement aan die Universiteit van Johannesburg en het ook gedien op die hoëvlak-hersieningspaneel na die staatsveiligheidsagentskap.