Verbeelding, moed en kreatiwiteit nodig om SA se politieke ...

BELEID SONDER VERBEELDING

Verbeelding, moed en kreatiwiteit nodig om SA se politieke probleme te help oplos

Die al hoe meer uitdagende probleme in die wêreld kan ten beste opgelos word deur ’n kombinasie van verbeelding – selfs fantasie – en tegnologie. As ’n mens kyk na die droewige politieke landskap in Suid-Afrika is dit die een groot afwesigheid: verbeelding, reken ALI VAN WYK.

TOE ek ’n derdejaar-filosofiestudent in prof. Willie Esterhuyse se klas op Stellenbosch was, het hy een Vrydagmiddag redelik laat en effens aangeklam in ’n klas opgedaag ná ’n middagete by die Lanzerac-wynplaas. Dié charismatiese ou kolos se tong was losser as gewoonlik, en een van die goed wat hy gesê het, is dat ons generasie, die lewensmoeë klossie studente wat voor hom gesit het, ’n tekort aan verbeelding het. Imagination, soos hy dit gestel het. “Julle fantaseer nie meer nie,” was sy woorde.

Die gedagte het my altyd bygebly. Ek is nie seker of my generasie, die laaste van die Generasie X’ers, regtig minder verbeelding en kreatiewe vermoëns het as vorige generasies nie. Ouer generasies dink gewoonlik die generasie of twee wat hulle volg, is in omtrent alle opsigte slegter as hulle eie generasie, gewoonlik net om hulleself te laat goed voel oor hulle eie mislukkings. Gewoonlik sukkel hulle om nuwer generasies se maniere van doen te herken en verstaan.

Maar Esterhuyse het gehelp om my bewus te maak van die rol wat kreatiewe denkers in die oplossing van groot probleme kan speel. Die wêreld sou ’n veel valer plek gewees het as ons net ingenieurs en wetenskaplikes gehad het en geen skrywers en kunstenaars nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.