Douw Krüger het 30 jaar ’n loopbaan in produkontwikkeling en bestuur in die finansiële wêreld gevolg. Nou interesseer konfliksielkunde hom en doen hy konflikmediasie en help soms met konflikbestuur en opleiding. Hy hou van rondry met sy Land Rover en het al ’n bergpasse-ekspedisie gedoen. Verder bestee hulle so elke tweede jaar (Covid permitting) ’n paar maande in Duitsland waar hulle dogter woon. Tussendeur skryf hy soms iets.
OP SOEK NA DIE REDDINGSBOOT
Nou wat sê die gewone ou van al die dinge?
Daar ontwikkel ’n sterk indruk onder die publiek dat die strategie van die ANC se topstruktuur daarop ingestel is om korrupsie te bestuur en te kamoefleer eerder as om dit uit te roei, skryf DOUW KRÜGER.
Deel
DIE stand van sake in Suid-Afrika is waarskynlik reeds sedert die ontstaan van braaivure ’n algemene gespreksonderwerp. Jare gelede het NP-propaganda vir die meeste mense, selfs vir die Sappe, ’n gemoedsanker verskaf. Maar ná die 1976 onluste het hierdie anker stadigaan begin sleep.
Ek het ’n algemene skeptisisme oor Suid-Afrika se toekoms in die 1970’s reeds by eerste- en tweedegenerasie-immigrante begin waarneem. Hulle het (tot die irritasie van super-nasionaliste soos my pa) hulle Britse, Nederlandse of Duitse paspoorte behou. Daarmee saam het hulle ’n breër horison en ander opsies as die meer gevestigde Suid-Afrikaner gehad. Vir hierdie mense was die bedreiging nie ’n meerderheidsregering wat sou misluk nie. Dit was nog nie op die kaarte nie. Die vrees was eerder dat die gewelddadige stryd tussen wit en swart sou eskaleer tot ’n katastrofe.
Hierdie vrees was natuurlik nie ongegrond nie. As ’n onverwagse sameloop van omstandighede nie tot onderhandeling gelei het nie, was ons heel moontlik nog voor die begin van hierdie eeu in ’n veel erger situasie as tans, met katastrofiese lewensverlies...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Die peillose niet van die mafiastaat
Ware dapperes veg vir geregtigheid, waarheid
Dié keer brand geen liggie voor in die wapad nie
Wendy en Babita: Wat het van ons geword?
‘Cyril het iets groots reggekry, maar ...’
Deel
-
Deel
Douw Krüger
RubriekskrywerDouw Krüger het 30 jaar ’n loopbaan in produkontwikkeling en bestuur in die finansiële wêreld gevolg. Nou interesseer konfliksielkunde hom en doen hy konflikmediasie en help soms met konflikbestuur en opleiding. Hy hou van rondry met sy Land Rover en het al ’n bergpasse-ekspedisie gedoen. Verder bestee hulle so elke tweede jaar (Covid permitting) ’n paar maande in Duitsland waar hulle dogter woon. Tussendeur skryf hy soms iets.