Die weermag: oud en afgeleef en nie gereed vir die volgende krisis

WEERLOSE MAG

Die weermag: oud en afgeleef en nie gereed vir die volgende krisis

Die dag sal kom wanneer Suid-Afrika van buite die landsgrense bedreig word. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sal nie doeltreffend kan reageer as daardie dag aanbreek nie, skryf HELMOED-RÖMER HEITMAN.

ONS besef die wankelrige situasie met Eskom elke keer as daar beurtkrag is, en ons sien die ewe kommerwekkende toestand van Transnet en ander staatsbeheerde ondernemings. Die dodelike hand wat dié organisasies verlam het, het dieselfde aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag gedoen. Die meeste van ons kom dit net nie agter nie, en as ons dit gelukkig tref, sál ons ook nooit nie. Maar vrede en veiligheid buite ons landsgrense is nie gewaarborg nie, soos die opstand in die noorde van Mosambiek en die voortgesette konflik in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo toon.

Ons moet ook die politieke broosheid van sommige van ons buurlande in gedagte hou, aangesien konflik daar Suid-Afrika ekonomies sal raak en maklik oor ons grense kan spoel.  Dis raadsaam om ons kruit droog te hou, maar ons doen dit nie.

Die toestand van die weermag word goed geïllustreer deur die lugmag se helikopters:..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.