Om te besef: Auschwitz macht frei

PYNLIK DOG BEVRYDEND

Om te besef: Auschwitz macht frei

'n Besoek aan die Nazi's se berugste doodskamp spook by jou. Dit roep erge emosies op. Tog moet mens dit beleef, skryf LESLIE VAN ROOI. Want net dalk lei dit ons tog werklik tot vryheid.

POLE het ’n interessante geskiedenis. Die stories van hierdie land en sy mense wieg tussen ’n sterk selfidentiteit te midde van ’n geskiedenis van oorname en onderdrukking deur ander nasies. Dalk juis daarom is die Pole ’n trotse nasie met sy eie storie – eie juis omdat dit verweef is met soveel ander stories.

En, hoe meer die tyd weg van die gruweldade van die Tweede Wêreldoorlog stap, hoe meer herinner die Pole die wêreld aan die verwoesting van die Nazi’s die impak van die Tweede-Wêreldoorlog wat juis daar begin. Dit is ’n verhaal waarin ontelbare Pole deur die Nazi’s vermoor is, veral in konsentrasiekampe binne sy landsgrense. Dalk doen hulle dit om ons te herinner om nie van hierdie land en sy lyding te vergeet nie.

En só het van die Nazi’s se konsentrasie in Pole selfs sentrale straf- en doodskampe geword wat veral Jode en krygsgevangenes se lot sou bepaal. Dit, saam met ’n komplekse treinspoornetwerk om veral Auschwitz-Birkenau, gee ’n ander betekenis aan die idee van alle paaie wat lei na … Pole?..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.