Die Kremlin slaan toe op Wilgenhof

KANSELLEERKULTUUR

Die Kremlin slaan toe op Wilgenhof

Die sogenaamde krisis oor inisiasie by die koshuis op Stellenbosch is een waaroor die studente self die skouers ophaal, skryf 'n oud-inwoner, DAN BADENHORST, in reaksie op 'n paneel se aanbeveling dat dit gesluit word.

DIE ellelange verslag van 151 bladsye van die Universiteit Stellenbosch se paneel wat die sluiting van die oudste universiteitskoshuis in Suid-Afrika aanbeveel, is 'n voorbeeld van cancel culture op steroids.

Wat ons hier mee te doen het, is 'n Kremlin-kultuur. As jy nie ten volle daarmee konformeer nie, moet jy jou goedjies pak en jou ry kry. Maar hierin word 'n kernwaarde van wat 'n universiteit is, misken. Absolutisme sluit alternatiewe denke uit. Hoe kan daar a meeting of minds sonder 'n middelgrond vir ontmoeting wees? Of moet denke noodwendig gelyk gemaak word, studente gedwing word om deel van die grys massa te bly en net soos die establishment te dink? Hou universiteitsopleiding nie veel meer as blote akademiese voortreflikheid in nie? As dit vir 'n universiteit daaroor gaan dat the problem is not what you believe, but that you demand everybody else believes it too, is daar 'n groot skroef iewers los.

In die hele “gewalt” wat nou reeds vanaf Januarie duur, is die mening van huidige Wilgenhoffers, wat onlangs nog die doop en aweregse koshuisdissipline deurloop het, nie 'n faktor wat enige invloed gedra het nie, as daar ooit enigsins daarvoor gevra is. Soos ek van my kleindogter verneem, wat 'n eerstejaar op Stellenbosch is en vriende in Wilgenhof het, was dit nie 'n issue wat hulle ontstel het nie. Maar dat hulle die koshuislewe en kultuur terdeë geniet, is vir seker so. En nou gaan die administrasie (wat in Wilgenhof as die Kremlin bekend staan) en glo na hulle belange omsien, hulle koshuis sluit...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.