Dit is nié onmoontlik dat die MKP se steunbasis dermate groei dat hy uiteindelik by die ANC as Suid-Afrika se bevrydingsparty kan oorneem nie, meen PIET CROUCAMP.
PIETER MALAN, redakteur van Weekliks in Rapport, skryf onlangs vir my: “Waar is diegene wat dekades lank voorspel het dat die ANC langs ideologiese lyne sou skeur? Vreemd, noudat die ANC wel skeur, is hulle tjoepstil. Nou praat hulle van die ANC wat by die stembus verslaan is. Ek hou vol, hulle is nie verslaan nie, die party het geskeur. En dit het nie, soos voorspel was, langs ideologiese lyne gebeur nie.”
Ek weet nie of Malan reg is nie, maar die redes vir die afsplintering van Cope, die EFF en nou ook die uMkhonto weSizwe Party (MKP) van 'n 112-jaar-oue bevrydingsbeweging, is 'n geldige en moeilike vraag om te beantwoord. Indien jy die EFF, ANC en die MKP se stemme in die 2024-verkiesing bymekaar tel, sou die ANC nog stewig in die saal gesit het as daar geen afsplintering was nie.
Maar Malan is waarskynlik reg dat dit moeilik is om die versplintering van die bevrydingsbeweging – of dan die ANC – te beskryf as die nadraai van ideologiese teenstrydighede. Dalk is dit beter om aan die opkoms van die MKP te dink as die manifestasie van 'n stel mededingende idees wat in 'n geleefde wêreldsbeskouing gefermenteer het. Dit is nie moeilik om verifieerbare bewyse te vind vir die vervreemding, sistemiese verontregting en institusionele marginalisering wat beide die politieke elites van KwaZulu-Natal en die gewone mense in die stedelike asook landelike gebiede ervaar het nie. KwaZulu-Natal se marginalisering in die besluitnemingstrukture van die ANC was reeds 'n besprekingspunt tydens die eerste verkiesing van Cyril Ramaphosa as die partyleier in 2018...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
ETNIESE NASIONALISME
Die ware ideologie van die MK-party
Dit is nié onmoontlik dat die MKP se steunbasis dermate groei dat hy uiteindelik by die ANC as Suid-Afrika se bevrydingsparty kan oorneem nie, meen PIET CROUCAMP.
Deel
PIETER MALAN, redakteur van Weekliks in Rapport, skryf onlangs vir my: “Waar is diegene wat dekades lank voorspel het dat die ANC langs ideologiese lyne sou skeur? Vreemd, noudat die ANC wel skeur, is hulle tjoepstil. Nou praat hulle van die ANC wat by die stembus verslaan is. Ek hou vol, hulle is nie verslaan nie, die party het geskeur. En dit het nie, soos voorspel was, langs ideologiese lyne gebeur nie.”
Ek weet nie of Malan reg is nie, maar die redes vir die afsplintering van Cope, die EFF en nou ook die uMkhonto weSizwe Party (MKP) van 'n 112-jaar-oue bevrydingsbeweging, is 'n geldige en moeilike vraag om te beantwoord. Indien jy die EFF, ANC en die MKP se stemme in die 2024-verkiesing bymekaar tel, sou die ANC nog stewig in die saal gesit het as daar geen afsplintering was nie.
Maar Malan is waarskynlik reg dat dit moeilik is om die versplintering van die bevrydingsbeweging – of dan die ANC – te beskryf as die nadraai van ideologiese teenstrydighede. Dalk is dit beter om aan die opkoms van die MKP te dink as die manifestasie van 'n stel mededingende idees wat in 'n geleefde wêreldsbeskouing gefermenteer het. Dit is nie moeilik om verifieerbare bewyse te vind vir die vervreemding, sistemiese verontregting en institusionele marginalisering wat beide die politieke elites van KwaZulu-Natal en die gewone mense in die stedelike asook landelike gebiede ervaar het nie. KwaZulu-Natal se marginalisering in die besluitnemingstrukture van die ANC was reeds 'n besprekingspunt tydens die eerste verkiesing van Cyril Ramaphosa as die partyleier in 2018...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
’n Glimlag terwyl hy jou seermaak
Cyril se groot oomblik - dalk ons s’n ook?
MKP slyp messe vir Cyril
Hamer en sekel, assegaai en skild
MKP kan EFF van sy mediatroon afstoot
Suid-Afrikaners bly sentristies en gematig
Deel
-
Deel
Piet Croucamp
Bydraende redakteurPiet Croucamp is al 29 jaar 'n dosent in die politieke wetenskap. Hy is tans verbonde aan die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool.