’n Toevallige brander breek in New York

MUSIKALE MANIE IN MANHATTAN

’n Toevallige brander breek in New York

Soos elke musiek-nerd weet, gaan versamel nie oor lyste nie. Dit gaan oor die kuns van oorgawe, om die toevallige brander te vang en so lank as moontlik te ry, skryf FRED DE VRIES.

OP geen manier sou hierdie verkoue – seerkeel, hoofpyn, loopneus, die hele gedoente – my binnenshuis hou nie. Nie wanneer jy pas op Amerikaanse bodem aangekom het nie.

Jy doen eenvoudig wat jy moet: Jy sluk vinnig agtereenvolgens parasetamol, Vicks, Fisherman's Friends, sterk koffie, tee met heuning en vars lemoensap. Jy sluk, sluk weer en dan stap jy na buite. Jy adem die troebel Manhattan-somerlug in. Dit proe na lewe, opwinding en eindelose moontlikhede. Jy knip jou oë, steek dan First Avenue oor en neem die M15-bus op Second Avenue, klim af by 16th Street naby Union Square, stap twee blokke verder, daarna wes oor nog ’n paar strate en dan, aan die linkerkant, gaan jy by Academy Records & CDs in. Dis ’n jaar later, maar dit voel soos 'n tuiskoms.

Soos elke musiek-nerd weet, gaan versamel nie oor lyste nie. Dis die kuns van oorgawe, om die toevallige brander te vang en dit te ry so lank as wat jy kan. In jou onderbewuste sal daar titels wees van albums wat jy steeds wil hê, al het jy die afgelope 50 jaar reeds duisende en duisende plate versamel. Maar daar is altyd meer, altyd nuwe genres om te verken. Folk, jazz, metal, country, bring it on! En die ware plesier van ’n platewinkel is om dit oor jou te laat spoel: die klanke, die klante, die gesels, die knorrigheid, die geskerts, die weirdo’s, die agtergrondmusiek en die duisende langspeelplate, singles en CD’s. Sewende hemel beskryf dit nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.