Noudat dagga nie meer ’n dwelm is nie…

OORWINNINGS IN DIE STRYD

Noudat dagga nie meer ’n dwelm is nie…

Om nie-medisinale dagga in Suid-Afrika te koop of verkoop kan jou steeds in die tronk laat beland, maar toe pres. Cyril Ramaphosa op 28 Mei die Wet op Dagga vir Persoonlike Doeleindes geteken het, het dagga nog 'n stappie nader aan 'n gewone landbouproduk beweeg, skryf ALI VAN WYK.

AS JY mooi luister, noudat die verkiesingsrumoer gaan lê, sal jy ’n ander laefrekwensie-dreuning in die land hoor. Dis die stemme van duisende opgewonde mense in die daggagemeenskap oor die miljoene wettige rande wat gaan inrol noudat die wette en houdings rondom dagga ál losser raak.

Optimistiese tot wilde skattings en bewerings word gemaak oor hoe groot die bedryf kan word. Pres. Cyril Ramaphosa het in sy 2022-staatsrede gereken 130 000 werksgeleenthede kan geskep en groot dele van die plattelandse ekonomie gered word as wetlike en burokratiese struikelblokke eers uit die pad is.

Ramaphosa het op die dag voor die algemene verkiesing uiteindelik die Wet op Dagga vir Persoonlike Doeleindes geteken om te voldoen aan die konstitusionele hof se uitspraak in 2018. Dalk om ’n laaste paar daggakoppe in die rigting van die ANC te swaai. Die wet het weinig direkte gevolge vir kommersiële kwekers of kleinhandelaars, maar dit is ’n belangrike ontwikkeling weens die nuwe definiëring van die Cannabis sativa-plant, asook omdat die regulering van die plant van die Wet op Dwelmmiddels en Dwelmsmokkelary na die Plantverbeteringswet verskuif het. Hoewel dit steeds onwettig is om dagga te verkoop, berei dit die grond voor om die regulering van kommersiële dagga te ontwikkel...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.