Nxa! Ons voorsate was almal daggarokers

SO HOOG SOOS PAUL KRUGER

Nxa! Ons voorsate was almal daggarokers

MAX DU PREEZ gaan 5 000 jaar terug op soek na die geskiedenis van dagga. Was Paul Kruger ook 'n roeker? #RookOomBoomOom?

IN die vroeë 1990’s het ek en 'n paar kollegas Krugerhof  besoek, die huis in Waterval-Onder in Mpumalanga waar pres. Paul Kruger vir 'n kort rukkie tydens die Anglo-Boereoorlog gebly het. Dit is nou 'n museum.

My vriend en kollega Ryk Hattingh het by 'n glaskas vasgesteek en sy neus teen die glas gedruk. “Ha! Oom Paul was ook 'n roeker!” sê hy en wys vir ons die daggasaadjies in 'n pyp in die vertoonkas. (En as daar iemand was wat 'n daggasaadjie kon herken, was dit onse Ryk.)

Jare later vertel 'n Brit my sy pa het destyds vir hom gesê die uitdrukking “smoking your socks” kom van Paul Kruger se gewoonte om sy dagga in 'n kous in sy laai te bêre. Dis dalk nie waar nie, want ek weet die uitdrukking word ook in Skandinawië gebruik. Wie weet...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.