Valse aansprake spreek stemuitslae nie vry van ondersoek nie
STEM VAN REDE

Daar is ondanks die MK-party se aansprake geen bewyse van stemknoeiery op 29 Mei nie. Dit beteken nie die akkuraatheid van die uitslae kan nie verder bespreek word nie, skryf PIET CROUCAMP.
JACOB Zuma en sy trawante het Suid-Afrika rot en kaal besteel in 'n nege jaar lange vreetsessie wat eufemisties staatskaping genoem word. In 2006 het die Nkandla-crooner in die hof verskyn op aanklag van verkragting. Hy is vrygespreek. Ek was teleurgesteld. Op 29 Junie 2021 het die konstitusionele hof hom tot 15 maande tronkstraf gevonnis vir minagting van die hof nadat hy geweier het om voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping te verskyn. Hy het ’n welverdiende verblyf agter tralies vrygespring danksy toegeeflikheid deur die ANC-president, Cyril Ramaphosa.
Hy en sy skelm kamerade doen hulle nou as politici voor onder die dekmantel van uMkhonto weSizwe (MK), ’n paramilitêre organisasie met ’n eervolle geskiedenis vir baie mense wat die struggle-jare deurleef het. Hulle beskuldig die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) van doelbewuste korrupsie met die uitslag van die 2024-verkiesing. Ek twyfel nie daaraan dat die OVK se ondoeltreffendheid en onbevoegdheid derduisende mense hulle stemreg ontsê het nie. Maar hoeveel substansie is daar in hierdie vermoedens en beskuldigings?
Die MK-party se aantygings van verkiesingbedrog is gegrond op die aanname dat “John Steenhuisen, die DA-leier, nie gewilder as Zuma kan wees nie”. Nkosinathi Nhleko, die party se nasionale organiseerder, sê die OVK kon nie die verkiesingsuitslae wettiglik vry en regverdig verklaar nie, omdat daar “duidelike bewyse” van enorme bedrog, knoeiery en manipulasie was. Dit was ook die argument in hofstukke vir die party se dringende aansoek die afgelope week in die verkiesingshof...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Die ware ideologie van die MK-party
Cyril se groot oomblik - dalk ons s’n ook?
Wie is Duduzile Zuma–Sambudla?
MKP slyp messe vir Cyril
Ontmoet ’n bietjie vars politieke bloed
Die voorverkiesings-oorlogsmis
Mag in die era van Cyril die Swygsame
Deel
-
Deel
Piet Croucamp
Bydraende redakteurPiet Croucamp is al 29 jaar 'n dosent in die politieke wetenskap. Hy is tans verbonde aan die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool.