KENIAANSE LENTE?
Die dinge wat Kenia se jong betogers woedend maak
In 'n stap wat waarnemers geskok het, het Kenia se president, William Ruto, op 26 Junie aangekondig dat hy sy regering se omstrede finansiële wetsontwerp terugtrek. Dit het gevolg op twee dae waarin tienduisende meestal jong betogers die strate ingevaar het in landwye saamtrekke teen die voorstelle in die 2024-begroting. KATHLEEN KLAUS, wat politieke geweld in Kenia bestudeer het, ondersoek wat die betogers se lont aangesteek het.

Deel
SKERP prysstygings in bestaansgoedere, veral voedsel en brandstof, dien dikwels as 'n sneller vir protes en sosiale onrus. Dit is deur verskeie akademiese studies (https://journals.sagepub.com/doi/full/10.1177/0022343319898227) gedokumenteer.
Daar is talle onlangse voorbeelde, van die betogings in Tunisië wat die Arabiese lente ontketen het, tot die opstande in Chili (https://www.bbc.com/news/world-latin-america-50119649), Suid-Afrika (https://theconversation.com/south-african-riots-and-food-security-why-theres-an-urgent-need-to-restore-stability-164493) en Frankryk (https://www.theguardian.com/commentisfree/2022/aug/23/cost-of-living-french-popular-resistance-living-standards-uk).
Maar soos elders is stygende pryse – en die vooruitsigte van selfs hoër koste – slegs deel van die storie in Kenia. Die motivering vir sodanige wydverspreide verontwaardiging en kollektiewe optrede hou blykbaar met vier sleutelkwessies verband...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Toekoms hoef nie die verlede te verwerp nie
Die Vrystaatse K-span in Engeland
So hoog soos Paul Kruger
Ouens, luister, Gen Z is hie
Westerse dominering taan, en dis nie sleg nie
Deel
-
Deel