Die nuusflitse wat jou inhol en plattrek

MIX MASALA

Die nuusflitse wat jou inhol en plattrek

ALI VAN WYK kyk na die arbitrêre kant van jou week in meme, video's en obskure nuusstories.

Kagiso Rabada, Protea-snelbouler van formaat, se pa, dr. Mpho Rabada, het ’n unieke manier om sy seun se grenshou van die tweedelaaste bal van hulle wedstryd teen die Wes-Indiese Eilande in die T20-Wêreldbekertoernooi op X te vier. Die Proteas het met drie paaltjies gewen.

Hoe sê hulle? As jy ’n toffie-appel wil wees, moet jy nie kla as jy gelek word nie. Jamie Bhatti, loskopstut van Glasgow Warriors en Skotland, vier fees oor ’n selfvoldane boodskap aan besoekende spanne aan Loftus. Die Warriors het die Bulle verlede Saterdag met 21-16 verras in die VRK-finaal op Loftus, 1 350 m bo seespieël.

Edward Luce, ’n joernalis van die Financial Times, plaas dié foto as kommentaar agt jaar ná die Brexit-referendum (23 Junie 2016). Dit is onseker wie die slim fotograaf was, maar die beeld is al miljoene kere op sosiale media gedeel. Die Museum of Modern Art-deeltjie is net ’n stukkie pret...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.