VOLDOENDE KONSENSUS
Mededingende gesprekke is RNE se voorland
Die verklaring van voorneme van die regering van nasionale eenheid maak dit baie duidelik dat beleid en kabinetsbesluite voortaan die resultaat van mededingende gesprekke sal wees, wat die openbare mening insluit. Dit is 'n vars bries, skryf PIET CROUCAMP.
VOLDOENDE KONSENSUS
Mededingende gesprekke is RNE se voorland
Die verklaring van voorneme van die regering van nasionale eenheid maak dit baie duidelik dat beleid en kabinetsbesluite voortaan die resultaat van mededingende gesprekke sal wees, wat die openbare mening insluit. Dit is 'n vars bries, skryf PIET CROUCAMP.
Deel
WAT ondenkbaar was sedert FW de Klerk die regering van nasionale eenheid (RNE) van Nelson Mandela op 30 Junie 1996 verlaat het, is nou ons gebakte pere. Ons probeer weer om 'n RNE te onderhandel en te vestig. Die vraag is of hierdie uit nood gebore ooreenkoms tussen die liberaal-demokrate van die DA en die IVP en die sosiaal-demokrate van die ANC kan werk. Kan Cyril Ramaphosa, Velenkosini Hlabisa en John Steenhuisen doen wat te veel gevra was vir Mandela en De Klerk?
Maar die wêreld lyk nou soveel anders as in 1996. Die Nasionale Party is saliger en die Wes-Kaap is wit Suid-Afrikaners se “down under”. Die taxibase polisieer politieke geweld en misdaad in KwaZulu-Natal en die nasionale vergadering (NV) huisves nou onder andere 'n klompie misdadigers. 'n Dikgevrete Naspers versaak Die Taal en die ANC het 'n verkiesing verloor.
Op 2 Junie 2024 sit ek op die vloer van die Onafhanklike Verkiesingskommissie se uitslagsentrum by die Gallagher-konvensiesentrum en luister na die ANC-president, Cyril Ramaphosa, se verootmoedigende erkenning dat die ANC die verkiesing verloor het. 'n Paar stoele van my sit Fikile Mbalula met die waardigheid van 'n hofnar. Die meeste ministers blyk afwesig te wees...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Nog geen einde in sig vir RNE-wipplank
Toekoms hoef nie die verlede te verwerp nie
Vele landmyne op RNE-onderhandelingspad
Die werklike Nuwe Dagbreek?
Die ware ideologie van die MK-party
Deel
-
Deel
Piet Croucamp
Bydraende redakteurPiet Croucamp is al 29 jaar 'n dosent in die politieke wetenskap. Hy is tans verbonde aan die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool.