’n Beter toekoms hoef nie die hede of verlede te ignoreer nie
APARTHEID SE GAPINGS

Suid-Afrika se verlede het soos ’n boom se wortels gesprei. Wie se geskiedenis maak meer saak en wie het die gesag om ’n streep onder die verlede te trek? vra ISMAIL LAGARDIEN.
DIE geskiedenis van geskiedenis beklemtoon die verskil tussen hoe die verlede onthou en hoe dit vertel word. Dit lyk asof Suid-Afrika se geskiedenis verskil met elke vertel van die verlede. Veral betreurenswaardig is die manier waarop aspekte van wat gebeur het, beperk of na willekeur en volgens die grille van enigiemand wat iets te sê het, gesensor word.
Ons kan enige onderwerp kies, talle weergawes van die verlede daarin kry en dan dié wat ongemaklik is, uitsluit. Ek onthou ’n verwysing, meer as ’n dekade gelede, na “die openlike minagting en uitskel van blankes as ’n rassegroep”. Hierdie beswaddering het in ’n soort tuisbedryf ontaard, en ’n tipe sertifikaat of toegangskaartjie tot die geloofwaardigheidskamp van “regte Afrikane” of “regte swartes” geword. Dinge het sedertdien erger geraak.
Daar is twee belangrike voorbehoude wat ek graag wil byvoeg en verdedig. Ek het in ’n paar essays die laaste paar weke in die media voorgestel dat wanneer globale openbare beleidmakers eendag gaan byeenkom, hulle 'n einde moet maak aan die onbuigsaamheid wat winste voor mense plaas. Elders het ek geskryf dat “markte” nie outonome of tegniese dinge is nie. Nader aan die werklikheid is dat daardie alledaagse verwysing na “markte” eintlik verwys na miljoene klein transaksies tussen mense of groepe mense wat by ruilhandel betrokke is (deur geld aan liefdadigheidsorganisasies te gee of projekte te befonds), op grond van behoeftes, begeertes, verwagtinge of oortuigings en waardes. Selfs filantropie het grense. Nog ’n essay wat ek geskryf het, het vir sommige mense as rassisties voorgekom en vir ander as “noodsaaklik”...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Die krag van politieke nostalgie
As jy hierdie lees, is dit nie meer nou nie
So hoog soos Paul Kruger
Janet Love: ’n régte MK-soldaat
’n Glimlag terwyl hy jou seermaak
Ons soeke eindig nie by die Weste nie
Kom ons hoor ál Suid-Afrika se stories
Sommige het vleis geëet, ander is vis gegee
Deel
-
Deel
Ismail Lagardien
SkrywerIsmail Lagardien skryf al van toeka se dae af. Hy is 'n rubriekskrywer wat worstel met die realiteit om hom. Hy was op die sekretariaat van die nasionale beplanningskommissie en is 'n besoekende professor by Wits se Skool vir Regeerkunde.