Red Jozi: 10 puik goed wat nóú gebeur

ONDERHOUD

Red Jozi: 10 puik goed wat nóú gebeur

Van groot sonligprojekte tot 'n enorme skoonmaakveldtog om die middestad van Johannesburg tot 'n spesiale ekonomiese sone te laat verklaar, gaan die Jozi My Jozi-beweging van krag tot krag. ANNELIESE BURGESS praat met Adam Craker, uitvoerende hoof van IQbusiness, Suid-Afrika se grootste bestuurs- en tegnologiekonsultasiefirma en een van die stigterslede van die beweging om Johannesburg te red.

JOZI MY JOZI is 'n “koalisie van die gewilliges" wat nou “'n koalisie van doen" geword het, sê Craker. Dit is 'n super-konnekteerder van besighede, vennootorganisasies, entiteite, instellings, NRO's en die stadsadministrasie, wat uiteindelik daarin slaag om die stad se verval met 'n gewaagde visie en praktiese projekte te stuit.

Craker vertel my hoe dit alles begin het: “Ek en Robbie Brozin van Nando's is albei adviesraadslede by Wits se besigheidskool. Twee jaar gelede was ons in gesprek met Anglo American, wat uit hulle Marshalltown-wyk in die middestad verhuis het en hulle geboue aan Wits aangebied het.

“Ofskoon dit 'n fantastiese geleentheid was – 100 000 m² se prima kantooreiendom in die stad – het ons vinnig tot die gevolgtrekking gekom dat dit nie ideaal vir Wits was nie. Een van die redes was natuurlik die swak toestand van die middestad...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.