Wat is die punt van kinders kry?

VRAE OOR OUERSKAP

Wat is die punt van kinders kry?

Skuins ná Vadersdag wonder PIETER VAN DER MERWE oor die oënskynlike vanselfsprekendheid van voortplanting.

DIE onderwerp van voortplanting deur mense steek deesdae toenemend kop uit in gesprekke waarin ek my bevind. Tot dusver, en tot my verbasing, is ek meestal aan die skeptiese kant oor die noodsaak daarvan – dalk soms effe sinies as jy die-lewe-is-immergroen mense sou vra.

Dis 'n gesprek wat van generasie tot generasie herhaal word. Dis onvermydelik as jy oud genoeg word. Maar waarmee ek meestal sukkel, is dat mense nooit by jou wil weet “of” jy wil kinders kry nie, maar “wanneer”.

Vrae of opmerkings soos, “So, wanneer begin julle 'n familie?" of “Jy gaan sien as jou kind skool toe gaan", is so voorbarig as wat dit onsensitief is. Dit veronderstel dis bloot 'n kwessie van tyd. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.