Zirk van den Berg is ’n vryskutskrywer, oudjoernalis, oudkopieskrywer en oud-PR-man. Wanneer hy nie geld hoef te maak nie, skryf hy stories in Afrikaans en Engels. Sedert 2013 het agt Afrikaanse romans uit sy pen verskyn. Van hulle het pryse gewen. Sy jongste roman, Hemel en aarde en ons, verskyn op 15 Maart.
ONBESONGE VOORDELE
Maak nuwe wêrelde oop met nuwe tale
Om 'n nuwe taal te leer vervul jou nie noodwendig met wysheid nie, maar dit stel jou bloot aan 'n ander kultuur en selfs 'n ander manier van dink. ZIRK VAN DEN BERG praat oor sy eie reis met tale en gee 'n paar wenke oor hoe mens 'n nuwe taal kan benader.
Deel
EEN van die onbesonge voordele daarvan om in Suid-Afrika groot te word, is dat jy meer as een taal leer ken. Ek het dit eers besef toe ek in Nieu-Seeland aanland en mense teëkom wat net Engels kan praat, net Engelse musiek luister en net Engelse flieks kyk. Dan besef jy hoe ’n ekstra taal jou horisonne verbreed.
Om nie daarvan te praat dat my geslag Afrikaners grootgeword het met heelwat blootstelling aan Europese tale en musiek nie, en boonop met ’n affiniteit vir die musiek van Afrika. Ons ween as Jacques Brel of Serge Gainsbourg of Ayub Ogada heengaan.
’n Ander taal stel jou bloot aan ’n ander kultuur en selfs aan ’n ander manier van dink. Ek onthou toe ek op Ikeys was, vra ’n Zimbabwiese medestudent my eendag in verwondering of ek weet van daardie lelletjie wat agter in jou keel hang. In Afrikaans het ons in die volksmond die woord kleintongetjie, en ek wonder hoeveel die gebrek aan ’n alledaagse Engelse ekwivalent tot my pel se onkunde bygedra het...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Afrikaanse fenomeen vat vlam onder ons ore
Gaan koop ’n digbundel! Of drie.
Bokkie, jy’s ’n ixoki
James Joyce se meesterwerk bly ’n baken
Afrikaans is sexy, maar gril-verkleinwoordjies nié
’n Bloeitydperk vir Afrikaanse musiek
Deel
-
Deel
Zirk van den Berg
SkrywerZirk van den Berg is ’n vryskutskrywer, oudjoernalis, oudkopieskrywer en oud-PR-man. Wanneer hy nie geld hoef te maak nie, skryf hy stories in Afrikaans en Engels. Sedert 2013 het agt Afrikaanse romans uit sy pen verskyn. Van hulle het pryse gewen. Sy jongste roman, Hemel en aarde en ons, verskyn op 15 Maart.