Suid-Afrika se nuwe kernkrag-renaissance

'N GROOT KANS

Suid-Afrika se nuwe kernkrag-renaissance

Daar is 'n ál sterker verband tussen kernenergie en kunsmatige intelligensie, wat groter hoeveelhede krag as ooit tevore in die digitale revolusie nodig het. ANDRÉ PIENAAR verduidelik hoe sake inmekaar steek en hoekom Suid-Afrika die voortou behoort te neem.

EINSTEIN het gesê energie is alles. Vandag is energie die rykdom van nasies en die sleutel tot Suid-Afrika en Afrika se ontwikkeling.

Toe pres. William Ruto van Kenia onlangs Washington DC besoek het, het hy 'n dapper visie vir sy land uiteengesit om skoon geotermiese energie op te wek. Dit sal dan 'n reuse- nuwe datasentrum aandryf wat beleggers kan lok om Kenia die middelpunt van kunsmatige intelligensie (KI) in Afrika te maak.

Kgosientsho Ramokgopa, die minister vir energie en elektrisiteit, se aankondiging dat Suid-Afrika beplan om 2 900 MW nuwe kernenergie-opwekking as skoon energie by die ekonomie te voeg, kan eweneens ongekende geleenthede vir werkskepping, innovasie en groei in ons tegnologiesektor ontsluit. Die minister se aankondiging beteken dat die regering van nasionale eenheid (RNE) die kans het om 'n kernherlewing te lei met die potensiaal om energie-armoede in Suid-Afrika en Afrika permanent te beëindig, terwyl KI 'n motor vir groei in Suid-Afrika en die vasteland kan wees...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.