Die nuus wat jou tandstopsels sal los skud

MIX MASALA

Die nuus wat jou tandstopsels sal los skud

Die meme-sfeer word oorheers deur Kamala Harris en Donald Trump, en dit gaan nog vir drie maande voortwoed. ALI VAN WYK het vir jou die bestes uitgesoek, plus so ’n paar Suid-Afrikaanse lawwighede.

Kamala. Kamala. Kamala.

Dis die energie in Amerika sedert die naweek, en natuurlik is dit ook hoe die memes loop. Ons ontleed in 'n ander artikel Kamala Harris se meme-strategie en haar verhouding met Gen Z, maar hier wys ons van die grappies en skerp kommentaar.

Een van die snaaksste en obskuurste Kamala-memes bly steeds 'n skermgreep, waarskynlik uit die vorige verkiesing, waarin 'n kamma- Indiese mafioso beweer hy kom uit die streek van Kamala se voorvaders en Trump dreig met 'n toordery.


'n Onbekende kunstenaar het hierdie kragtige meme gemaak wat die vordering van die swart vrou in Amerika terugneem na die heldedaad van Rosa Parks.


Kamala Harris word beslis nie deur die ganse linkse geledere in Amerika gevier en ondersteun nie. Veral radikale linkses het groot probleme met haar benadering tot wet en orde as 'n aanklaer en prokureur-generaal in Kalifornië. Daar is die persepsie dat sy sagkens opgetree het teenoor polisiebeamptes wat mense doodgemaak het en dat sy haar blind gehou het vir oordadige vervolgings van dagga-beuselagtighede.


Aanhangers van die The Simpsons en Veep reken dié televisiereekse  het dalk vir Harris as kandidaat en selfs president voorspel.

Fans of 'Veep' and 'The Simpsons' are convinced the shows may have predicted Kamala Harris' 2024 Presidential run.

Posted by Entertainment Tonight on Monday, July 22, 2024

In 'n mooi oomblik op 'n sypaadjie in Washington DC het Harris ook gewys dat sy góéie musieksmaak het.


'n Tik-Tokker met 'n megafoon, ene Robbie Roadsteamer, tender om deur 'n MAGA-monster geblaai te word.


Party van die MAGA-leiers ... nie die volgelinge nie, die leiers (!)... is so vlermuismismal dat jy jouself moet knyp om seker te maak jy's wakker.


Rugbymense het vandeesweek bespiegel of Vincent Koch 'n sluipmoordaanval oorleef het of dalk net 'n MAGA-man is. #blomkooloor


Teorieë oor die akademiese bronne vir The Don se toesprake word al meer bevestig.


Uiteindelik, die ware Ou Vleiskuif. #trumpsteakvirjou?


Amerikaanse politici kan lekker katterig raak.


Ter herinnering aan die relatiewe waansin wat die wêreld weer sal moet verwerk as Kamala Harris nie suksesvol is nie, 'n terugblik na Donald Trump se aankondiging dat Amerikaanse magte Abu Bakr al-Baghdadi doodgeskiet het, teenoor Barack Obama oor Bin Laden.


Vandeesweek stel ons 'n nuwe afdeling bekend: Lekker veteraan-advertensies! Hier's 'n Duitse een van Volkswagen.


Praat bietjie straat

Die fenomenale Gifford Peché is vroeër vanjaar aan kanker oorlede. Hy was amper eiehandig verantwoordelik daarvoor dat die 1970's en ’80's se woord “zef" op die Oos-Rand en in die Vaaldriehoek (of soos hy sou sê, die Vuildriehoek), weer in gebruik gekom het ná die jaar 2000. Dit verwys na bloukraag-praatstyle wat eintlik nogal 'n cool edge het.

Dis eintlik maar straat-Afrikaans uit die meeste dele van die ou Witwatersrand.

Op 'n webwerf wat hy saam met sy vriende bedryf het, watkykjy.co.za, het hulle selfs 'n woordeboek bygehou – Zef Slang. Baie daarvan is amper-obseen of polities inkorrek deesdae. Daarom sal ek net uittreksels publiseer. 

Gifford en vriende se webwerf het uit onverwagte oorde aandag getrek. Die hiphop-groep Die Antwoord het van die zef-woorde gebruik, want die idioom wat die sanger, Waddy Tudor-Jones wou skep, was aanvanklik in Afrikaans, en hy was allesbehalwe Afrikaans. Die verhouding het later versuur.

Die webwerf en Zef Slang-woordeboek het egter ook die aandag getrek van 'n taalkundige van Noordwes-Universiteit, prof. Gerhard van Huyssteen, wat onder meer navorsing gedoen het oor vloekwoorde in Afrikaans.

A

Agurkie – Klitoris. “ 'n Mens kan nie sommer dadelik vir die agurkie duik nie – daar moet eers opgewarm word."

Appel kak – Humeur verloor. “Jou Pa gaan 'n appel kak as hy check wat jy met sy Ford Ghia se tyres gedoen het."

Awe – Groetvorm, veral in die Kaap. “Awe, gaan ons vanaand bietjie brannas klap by Jack Parow se gig, my blaar?"

B

Balspier – Vriend. “Dag balspier, hoe lykkit vandag?"

Benoni Polony – Mullet-haarsnit. “Jissie, ek kan nie glo jy dra nog steeds 'n Benoni Polony nie. Dis al 2005."

Blok-en-tackle – Brandewyn en coke. “Ek was lekker vrot van die blok-en-tackle by die Koppi."

Boereslaappil – 'n Snotklap. “Tune Tyson daai ou howzit met 'n boereslaappil."

Bosveld Cappuccino – Rum en coke. “Te veel bosveld cappuccino gee my bruispens."

Bospikkewyn – Noordelike persoon (Valies in die ou dae). “Check nou weer al die fricken bospikkewyne op die strand!"

Bottie – Sedgewicks Old Brown Sherry (OBS). “Gaan ons vanaand weer bietjie bottie vat?"

Braf – Drank. “Ek dink ek het darem nog bietjie zak vir braf."

Charf – Sê, Dreig, Skoorsoek. “Jy charf my poef, ek buckle jou frame."

Ching – Geld. “Ek's bietjie laag op ching vanaand."

Chrisco – Christelike disco. “Die NG-kerk Aasvoëlkop hou môre sy tweejaarlikse chrisco vir belydende lidmate." 

D

Deluxe – Nice, kwaai, lekker. “Dis deluxe, Pa."

Dis mos mielies – Befok, kwaai, lekker. “Jis, het jy die Bokke gesien Saterdag? Dis mos nou mielies."

Djakkals en Bolf – J&B Whisky. “As Djakkals en Bolf beginte praat, dan moejy luister."

Duikrol – Haastige seks. “Ons moes 'n duikrol uitoefen voor haar ouers tuisgekom het."

Bron: Watkykjy.com


‘Hulle’ sê die Kardashians het hulle dogter na ’n plek in Suid-Afrika genoem.


Oud, dog goud en afgestof vir visepresident Harris.

VWB


NEEM DEEL AAN DIE GESPREK: Gaan na heel onder op hierdie bladsy om op hierdie artikel kommentaar te lewer. Ons hoor graag van jou. Ons hoor graag van jou, maar hou by ons kommentaarbeleid.

Speech Bubbles

Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.

Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.