Hoekom ek die Chinese kant kies

DIE ILLUSIE VAN OBJEKTIWITEIT

Hoekom ek die Chinese kant kies

Die VSA het kru kapitalisme en verbruikerswese sy ware noord gemaak, terwyl Beijing honderdmiljoene mense uit armoede opgehef het, skryf ISMAIL LAGARDIEN.

DIT kan soms moeilik wees om te glo, maar joernaliste verklap selde hul politieke bande uitdruklik. Rubriekskrywers, kommentators of meningskrywers is ook versigtig; dis in elk geval wat ek glo.

Ons keuses oor die dinge wat ons skryf, openbaar soms ons grondliggende idees, oortuigings en waardes, maar ons gaan selde so ver as om uitdruklik ’n kant te kies. Ons is geneig om op idees te fokus, ten minste ek, en te besin oor geskiedenis, bewyse, interpretasie en raamwerk, wat ons alles, bewus of onbewus, aan “'n kant” plaas.

Een van die dinge wat ek probeer doen, met wisselende mate van sukses, is om op inkonsekwensie en teenstrydighede te wys. Hoe moeilik dit ook al is om te glo, liewe leser, jy sal dalk nooit weet wat ek regtig van enigiets dink of aan watter kant ek is nie, minstens polities...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.