Portret | ’n Regter-vuis deur nog ’n glasplafon

WIE IS MANDISA MAYA?

Portret | ’n Regter-vuis deur nog ’n glasplafon

Mandisa Maya se pad loop uit die landelike Transkei deur 'n lang skof by die appèlhof na haar nuwe pos as die land se hoofregter, skryf WILLEM KEMPEN.

ANDER mense steur hulle oënskynlik meer aan die glasplafonne oor Mandisa Maya se kop as sy self. Teen die tyd dat sy verlede week deur pres. Cyril Ramaphosa as Suid-Afrika se volgende hoofregter aangewys is, was daar eintlik net merkwaardig gedempte verwysings na die feit dat sy die eerste vrou is wat die posisie sal beklee.

Een van die redes hiervoor is dat dit nie die eerste keer is dat Maya vir die posisie van hoofregter oorweeg is nie. Die vorige keer was in 2022, toe sy die enigste vrou onder die vier kandidate was wat deur die Regterlike Dienskommissie (RDK) vir die posisie oorweeg is. Toe sy gevra is of Suid-Afrika “gereed is" vir 'n vroulike hoofregter, het Maya geantwoord:

“I don’t think that’s a proper question to ask because it implies negative things. South Africa has always been ready to have a woman chief justice. We’ve had [Kate] O’Regan, we’ve had [Yvonne] Mokgoro. We’ve never had a shortage of women in the judiciary. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.