ANC-tameletjie: Nasionale eenheid teenoor revolusie

DIE STAAT VAN STAATSBEHEER

ANC-tameletjie: Nasionale eenheid teenoor revolusie

'n Sterk ANC-faksie het reeds oral in die ekonomie deregulering begin toelaat, terwyl 'n ander sterk ANC-faksie, met die unies en kommuniste se steun, meer beheer wil toepas. Hierdie konflik gaan die spanning net meer laat oplaai, reken FANIE CRONJE.

  • 09 Augustus 2024
  • Vrye Denker
  • 3 min om te lees
  • Fanie Cronje

TWEE onlangse gebeure dui op ’n toenemend “tweeledige en teenstrydige benadering" van die ANC ten opsigte van die deregulering van die ekonomie en die uitvoering van die doktrine van die nasionale demokratiese revolusie (NDR) wat betref staatsbeheer oor die ekonomie. Hierdie tweeledige aanslag weerspieël die dilemma wat die ANC tans ervaar, sowel as die balanseertoertjie wat uitgevoer moet word.

Volgens Vrye Weekblad van 31 Julie 2024 blyk dit dat die nuwe minister van polisie, Senzo Mchunu, bereid is om meer magte aan die Kaapstad-metro oor te dra. Dit volg op versoeke van die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, wat in 'n vorige onderhoud aangedui het dat deregulering van polisiemagte, spoorvervoer en eie kragopwekking kritieke aksies is wat hy wil uitvoer.

As die deregulering plaasvind, veral met die vestiging van 'n eie privaat-gebaseerde kragopwekkingsvermoë, sal dit volgens die NDR 'n beduidende wegbeweging van staatsbeheer oor die ekonomie verteenwoordig. Dieselfde geld die oordrag van die spoorvervoerbedryf en netwerkonderhoud aan die  Kaapstad-metro, wat 'n beperkte beweging na privatisering kan inlui...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.