Die nuus wat jou dwarslat afstamp

MIX MASALA

Die nuus wat jou dwarslat afstamp

Met die Olimpiese Spele wat vandeesweek nog die media oorheers het, het ALI VAN WYK met sy virtuele panga 'n paadjie oopgekap in die kuber-oerwoud om vir jou die beste memes, videos en sappige brokkies op te spoor.

Die onwaarskynlikste Olimpiese meme-held was 'n 51-jarige pistoolskut van Turkye, Yusuf Dikec, wat die silwermedalje in die gemengde span 10-meter lugpistool-kompetisie losgeskiet het, saam met sy spanmaat, Sevval Ilayda Tarhan.

Wat die meme-makers so op sy spoor gesit het was sy komkommerkoel houding: In sy T-hemp en tekkies, sonder enige noemenswaardige veiligheidstoerusting of fieterjasies, het hy soos die skietbaanopsigter in Kraaifontein gelyk wat doodluiters naderstaan om 'n paar skote met sy pêl se windbuks te skiet.

'n Aanlyn bogstorie, dat hy eers onlangs begin skiet het om aan sy vervreemde vrou 'n punt te bewys en sy troetelhond terug te kry, het hom soos 'n vuurpyl deur die meme-sfeer gelanseer, maar toe dit rugbaar raak dat dit als nonsies is, en dat hy sy lewe lank al kompetisie skiet én nogal vaardig is, was dit net nog olie op die vuur...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.