Eet saam aan ’n hickoryburger by Apple Pan

REIS

Eet saam aan ’n hickoryburger by Apple Pan

ANNELIESE BURGESS neem jou saam na Apple Pan, een van Los Angeles se oudste eetplekke – 'n outentieke diner uit die 1940's waar die woonbuurt se regulars om 'n U-vormige toonbank smul aan hulle klassieke burgers en appeltert.

AGTER die swaaiende houtdubbeldeure van die eenvoudige wit gebou op Pico Boulevard bevind jy jou in 'n eenvoudige diner uit die 40's. Min het glo hier verander sedert dit in 1947 oopgemaak het. Die mure en vensters is beklee met lakhout.

Hector Morales, oorspronklik van Juarez in Mexiko, werk al van 1976 hier toe hy as 22-jarige ingeval het as 'n “cook's help". Vandag bedien hy die linkerkant van die U-vormige toonbank. 'n Ander kelner doen regs.

Daar is geen tafels nie, net die toonbank met sitplek vir 26 mense en 'n sentrale eiland waar sjefs en kelners in oudmodiese papierhoede aartappelskyfies, toebroodjies en hamburgers voorberei. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.