Portret | ‘Om van Amerika weer ’n konserwatiewe land te maak’

WAT IS PROJECT 2025?

Portret | ‘Om van Amerika weer ’n konserwatiewe land te maak’

Die VSA se volgende Republikeinse president gaan reeds op sy heel eerste dag in die Ovaalkantoor 'n omvattende, gedetailleerde en radikale plan in werking kan stel om die landsregering op sy kop te keer, skryf WILLEM KEMPEN.

AS mens net die opskrifte lees, is dit maklik om die indruk te kry dat Project 2025 iets geheimsinnigs is wat in Republikeinse agterkamers bekook is en waarvan die Amerikaanse publiek eers gaan uitvind as dit klaar te laat is, maar die teendeel is waar: Dis 'n openlike projek wat 'n webwerf het by www.project2025.org (http://www.project2025.org) en waar enigeen kan gaan kyk presies wie dit gefinansier en opgestel het, wat hulle daarmee wil regkry en hoe hulle te werk sal gaan.

Wat ook waar is, is dat selfs Donald Trump huiwerig is om daarmee geassosieer te word. “I know nothing about Project 2025,” het hy in Julie op sy eie Truth Social-platform geskryf. “I have no idea who is behind it. I disagree with some of the things they’re saying, and some of the things they’re saying are absolutely ridiculous and abysmal. Anything they do, I wish them luck, but I have nothing to do with them.”

Net Trump sal weet hoe mens tegelyk niks van iets kan weet nie én dele daarvan “ridiculous and abysmal" kan vind. Dis nou as jy aanvaar dat hy nie eenvoudig deur sy tande lieg om te keer dat 'n assosiasie met die projek hom stemme in November se verkiesing gaan kos nie. Want Project 2025 is onmoontlik om mis te kyk, nes dit onmoontlik is om mis te kyk dat dit op die president fokus. Op die webwerf en oral waar jy die woorde “Project 2025" sien, staan daar ook reg onderaan in hoofletters geskryf:..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.