Rook nie, drink nie, kyk nie rugby nie – daar is nét een ou...

DIE PARIS HILTON VAN SPEURDERS

Rook nie, drink nie, kyk nie rugby nie – daar is nét een ou soos Bolhuis

Vergeet van Sherlock Holmes, Hercule Poirot en selfs Precious Ramotswe van die No. 1 Ladies' Detective Agency in Botswana – ons het die onvergelykbare Mike Bolhuis. HERMAN LATEGAN het met dié goedgemanierde man met die sjiek pakke en vele dasse gepraat.

TOE ek na Mike Bolhuis uitreik vir ’n onderhoud stem hy in, maar hy vra vir my besigheidskaart. Ek het nie meer een nie, dit was laas in die 1990's gewild. Daar is nou iets oudmodies daaraan, straks is dit in ons dae ’n e-besigheidskaart.

Ek sê vir hom ek het nie so ’n ding nie. Hy stuur ’n formele stempos terug. “Ek soek al jou inligting, want ek ken jou nie. Ek deal met mense wat ek ken. So, ek het al jou informasie nodig, hoor?”

Sy diep afgeronde stem is perfek vir die radio, indien hy ooit ’n ander werk sou soek. As ons ons eie James Bond kon hê, sou dit hy wees...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.